Privaatheidsbeleid

Effektief vanaf: 24 October 2024

Opsomming

Jou privaatheid en sekuriteit is baie belangrik vir ons. Die volgende opsomming is 'n duidelike uiteensetting van kernpunte oor jou data en hoe ons dit gebruik. Neem asseblief kennis, jy mag net ons dienste gebruik as jy instem om verbind te wees tot die volledige Privaatheidsbeleid (hieronder gewys) en ons Voorwaardes.

Wie is ons?

Die diens word beheer deur Dating Lab Limited ("DL"). Sien asseblief die diens se Voorwaardes vir ons korporatiewe besonderhede.

Wie sal my data verwerk?

DL sal jou data verwerk.

Op watter wettige basis verwerk julle my data?

Jou data sal verwerk word op die basis van die toestemming wat jy vir ons gegee het toe jy by ons diens aangesluit het.

Data wat deur jou voorsien was oor derde partye, sal verwerk word op die basis van Wettige Belang.

Watter tipe data van jou versamel ons?

Ons versamel inligting wat jy vrywillig aan ons voorsien. Ons hou ook besonderhede van enige kliëntediensnavrae wat jy mag hê, sowel as jou besoeke aan ons dienste, insluitende IP-adresse, weblogs van jou aktiwiteite en boodskappe wat jy stuur.

Hoe sal my data gebruik word?

DL gebruik jou data uitsluitlik om ons in staat te stel om die diens te voorsien.

Jou data sal nooit uitgedeel of verkoop word aan enige derde partye nie, tensy jy uitdruklik toestemming daarvoor gee.

Derde party data wat deur jou verskaf word as deel van die 'Vertel 'n Pêl' of 'Aanbeveling' funksies sal net gebruik word vir voorsiening van daardie funksies.

Vir hoe lank sal my data gehou word?

Ons sal jou persoonlike data hou totdat jy of ons jou profiel verwyder. Sodra dit verwyder is, sal dit in die argief gestoor word vir 'n verdere 3 jaar en dan permanent uitgevee word. Sien asseblief afdeling 8 hieronder vir verdere besonderhede oor dataretensie en dataverwydering.

Sekuriteit

DL werk aktief om die sekuriteit van jou persoonlike data te beskerm. Bykomend tot die sekuriteit wat ons op ons kernstelsels toepas, word jou data geïnkripteer gedurende transmissie oor die Internet. Om verder jou privaatheid te beskerm, word jou wagwoord nie in skoonteks gestoor nie. Jou wagwoord is gekodeer met 'n eenrigting algoritme wat beteken dit kan nie herwin (of geopenbaar) word deur enige iemand nie, en dit sluit onsself in. Dit kan slegs herstel word.

Om die vertroulikheid van jou persoonlike data te beskerm, moet jy jou wagwoord te alle tye vertroulik hou.

DL hanteer beide jou sekuriteit en die sekuriteit van jou persoonlike data op 'n baie ernstige vlak. Ons doel is om lede te voorsien van 'n veilige, sekuur en privaat omgewing waar hulle ander lede kan vind en mee gesels. Ons het hierdie Privaatheidsbeleid saamgestel sodat jy weet hoe ons jou data hanteer en beskerm. Lees dit asseblief tesame met ons Voorwaardes, aangesien dit saam die basis van ons kontrak vorm, met toegewydheid aan jou. As jy nie beide ons Privaatheidsbeleid en Voorwaardes aanvaar nie, mag jy nie die Dienste gebruik nie.

Neem kennis dat ons mag die Privaatheidsbeleid op enige stadium verander deur 'n hersiene weergawe op die diens te pos. Lees asseblief beide die Voorwaardes en Privaatheidsbeleid wanneer jy die diens besoek. Jy stem daartoe in om verbind te wees tot die hersiene Privaatheidsbeleid as jy voortgaan om ons Dienste te gebruik vanaf die datum dat die hersiene Privaatheidsbeleid gepubliseer is op die diens.

Woorde en uitdrukkings wat gedefinieër word in die Voorwaardes gebruik word, het dieselfde betekenisse in hierdie Privaatheidsbeleid.

1. Versamelde inligting

Ons versamel inligting wat jy vrywillig verskaf wanneer jy jou profiel skep en voltooi, insluitend persoonlik identifiseerbare inligting soos jou naam en e-posadres. Hierdie inligting word gestoor op ons stelsels, maar geen persoonlike kontakbesonderhede word ooit in jou publieke profiel gewys of ingesluit in enige kommunikasie wat ons aan ander lede stuur nie.

As jy ooit besluit om vir die Dienste met jou kaart te betaal, sal jy gevra word vir addisionele inligting wat verband hou met jou betalingskaart inligting. Hierdie inligting sal aangestuur word na ons betalingsverskaffer via 'n sekuur skakel en op geen stadium sal jou kaartbesonderhede deur ons geken word of deur ons behou word nie.

Ons hou ook besonderhede van jou besoeke aan ons dienste insluitend, maar nie beperk tot, IP-adresse, weblogs van jou aktiwiteite, ander konneksie inligting insluitend die URL van enige diens vanwaar jy deurgeklik het na die diens. Ons hou ook besonderhede van enige boodskappe wat jy stuur en ontvang deur die dienste sowel as die rekords van jou ledediensnavrae en korrespondensie, in geval jy ons kontak. Net soos met meeste Internetgebaseerde dienste, maak ons ook gebruik van klein lêers wat koekies genoem word, wat ons stoor op jou toestel. Verdere inligting aangaande ons gebruik van koekies kan gevind word in afdeling 7 hieronder.

Al hierdie data word na verwys as persoonlike data.

2. Wettige basis

Persoonlike data is verwerk op die basis van een of meer van die volgende:

  • Die toestemming wat jy ons gee wanneer jy by die diens aansluit. As jy verkies om daardie toestemming terug te trek, verwyder asseblief jou profiel omdat ons nie die diens kan lewer sonder jou volgehoue toestemming nie.
  • As jy vir ons persoonlike data van 'n derde party gee (bv. wanneer jy die 'Vertel 'n Pêl' of 'Aanbeveling' funksies gebruik), waarborg jy dat jy die uitdruklike toestemming van die derde party gekry het, vir die openbaarmaking en deel van hul persoonlike data. Ons sal dan hul data verwerk op die basis van Regmatige Belang en waarborg dat ons dit net sal gebruik in die diens wat deur jou versoek is.
  • Indien jy ons Voorwaardes oortree, sal ons bykomend die reg behou om jou persoonlike data te verwerk op die basis van Regmatige Belang, om bedrog te help verhoed of op te spoor en so ons ander lede te help beskerm.

3. Beheer en openbaarmaking van jou persoonlike data

Wanneer jy aansluit vir die Dienste, stem jy in dat DL jou data (insluitend persoonlike data) mag openbaar maak in ooreenstemming met enige toestemmings wat jy dalk aktief mag gee.

Behalwe soos anders vermeld in hierdie Privaatheidsbeleid of as jy afsonderlik en uitdruklik saamstem (deur 'n boks te merk of enige ander soortgelyke manier waarop jy toestemming gee), sal DL die enigste kontroleerders wees van enige persoonlike data wat jy aan ons verskaf terwyl jy die Dienste gebruik.

DL is geregistreer onder die Databeskermingswet 1998 as data kontroleerder en sal voldoen aan daardie wet in hul handelings met jou persoonlike data.

Tensy jy ons jou uitdruklike toestemming gee om dit te doen (deur 'n boks te merk of op enige ander manier), sal nie ons of enige iemand anders aan wie ons jou persoonlike data met jou toestemming oorhandig:

  • enige van jou inligting sonder jou toestemming openbaar nie.
  • jou inligting verkoop of verhuur of gee aan enige derde party (anders as aan ons diensverskaffers of agente vir die verwerking of stoor namens ons soos verduidelik in afdeling 4, hieronder).
  • hoegenaamd jou inligting openbaar tensy ons verplig word deur wet of regulasie.

4. Hoe gebruik ons persoonlike en ander data?

Deur jou persoonlike data aan ons te gee en toe te stem tot die Voorwaardes en hierdie Privaatheidsbeleid, gee jy jou toestemming:

  • vir ons om jou persoonlike data (insluitend sensitiewe persoonlike inligting soos jou seksuele oriëntasie) te verwerk vir die doeleindes van die verskaffing van die Dienste en vir enige ander doeleindes waarvoor jy jou uitdruklike toestemming gegee het; en
  • tot die oordrag en verwerking van jou inligting in lande buite die Europese Ekonomiese Gebied wat moontlik nie dieselfde vlak van databeskerming verskaf as in die Verenigde Koninkryk nie. Indien ons so 'n oordrag maak of as jou persoonlike inligting verwerk sou word buite die Europese Ekonomiese Gebied, sal ons 'n kontrak in plek stel om te verseker dat jou inligting beskerm word of waar van toepassing, gedek deur die VSA se 'Privacy Shield Program'.

Ons mag ook jou inligting gebruik om ons te help om die gebruik van ons diens te analiseer en die Dienste en inhoud daarvan te verbeter of probleemoplossings en implementering van die Voorwaardes.

Jou persoonlike data sal net verwerk word deur gemagtigde personeel (of deur derde partye van wie ons van tyd tot tyd gebruik mag maak vir die stoor en verwerking van data vir ons).

5. Opdatering van jou inligting

Jy behoort die inligting oor jouself op die diens op datum te hou. Jy kan al jou persoonlike inligting opdateer, insluitende jou skuilnaam, e-posadres, ligging, wagwoord, toestemmings en alle profielbesonderhede, te enige tyd, deur hier te klik.

6. Jou wagwoord

Jy kan jou rekeningbesonderhede en ons dienste slegs bereik deur jou skuilnaam en wagwoord te gebruik. Om die privaatheid van jou persoonlike data te beskerm, moet jy jou wagwoord vertroulik hou en mag jy dit nie aan enige ander persoon openbaar nie. Aangesien dit nie in skoonteks gestoor is nie - jou wagwoord is gekodeer met 'n eenrigting kodering algoritme wat beteken dat dit nie ontdek kan word (of geopenbaar) deur enige iemand, insluitend ons - kan dit nie herstel word nie. Stel ons asseblief dadelik in kennis indien jy dink dat jou wagwoord misbruik was.

Neem kennis, ons sal jou nooit vra om jou wagwoord te openbaar nie.

7. Koekies en IP-adresse

Wanneer jy die diens besoek, mag ons vir jou 'n koekie stuur. 'n Koekie is 'n klein lêer wat op jou rekenaar se hardeskyf geplaas kan word om rekord te hou sowel as om 'n aantal ander redes:

  • Koekies help ons om jou te herken wanneer jy 'n volgende keer die diens besoek en enige advertensies opmerk wat vir jou gewys word. Dit maak dit moontlik vir ons om advertensies wat ons aanbied volgens jou voorkeure, te meet en pas. Ons mag die dienste van derde party advertensiebedieners vir hierdie doel gebruik.
  • Koekies mag gebruik word om anonieme statistieke saam te stel wat verband hou met die gebruik van ons dienste en deurblaaipatrone. 'n Derde party versamel sulke data namens ons om die vlak van ons dienste te meet. Versamelde inligting word vir rapporteringsdoeleindes saamgestel. Geen persoonlik identifiseerbare inligting word versamel deur hierdie diens nie. Die gebruik van hierdie diens help ons om die struktuur en gebruikersvriendelikheid van ons dienste te meet en te verbeter.
  • Ons mag ook IP-adresse volg. 'n IP-adres is 'n nommer wat 'n Internet Diensverskaffer kan identifiseer, ligging van land, en dies meer. Dit kan nie persoonlike inligting verskaf nie. Ons sal nie die IP-adres gebruik om 'n profiel van gebruikers te bou nie; ons gebruik die inligting net vir demografiese-, statistieke- en sekuriteitsdoeleindes.

Koekies kan nie op hul eie gebruik word om jou te identifiseer nie. Jy is glad nie verplig om koekies te aanvaar nie en mag jou blaaier aanpas sodat dit nie koekies aanvaar nie. As jy jou blaaier instel om koekies te verwerp, mag jy nog sekere, maar nie alle dele van die diens gebruik nie. Byvoorbeeld, die aantekenproses en alle lidfunksionaliteite vereis van jou blaaier om koekies te aanvaar.

As jy liewer jou "derde party" koekies wat deur adverteerders, verskaffers van teikenadvertensies of gedragsanalise dienste wil afskakel, kan jy dit doen deur na die derde party se diens te gaan en hulle vra om 'n eenmalige "nee dankie" koekie te genereer wat enige verdere koekies sal stop om na jou rekenaar of toestel geskryf te word. Hier is 'n skakel na die hoof analitiese diensplatform wat ons gebruik waar jy instruksies sal vind oor hoe om dit te doen:

www.google.com/intl/af/policies/technologies/ads

Jy kan ook die handelsliggaam wat die reklame maatskappy verteenwoordig, besoek vir meer inligting oor hoe om jou koekies af te skakel:

www.youronlinechoices.com

8. Dataretensie en Dataverwydering

Jy het die opsie om jou profiel op enige stadium te versteek, wat dit in verband met die Dienste sal onttrek van openbare besigtiging. Jy kan jou profiel ook permanent verwyder wanneer ook al jy wil, soos hieronder beskryf.

Vir so lank as wat jy 'n Lid of Subskripsiehouer is (bv. as jou profiel nie verwyder was deur jouself of deur ons nie), is dit jou verantwoordelikheid om óf jou profiel te verwyder, óf om ons te vra om dit te doen wanneer jy nie langer die Dienste wil gebruik nie. As ons jou nie langer kan kontak via jou e-posadres wat jy vir ons gegee het nie, behou ons die reg om jou profiel sonder enige verdere waarskuwing te verwyder. Bykomend, as jy nie aanteken op jou profiel in 7 jaar nie, sal ons aanneem dat jy nie langer ons diens wil gebruik nie en dit dan verwyder.

Neem kennis, ons sal jou persoonlike data behou (tesame met enige derde party data wat jy onder die 'Aanbeveling' funksie verskaf het) totdat jou profiel verwyder is. Dit sal dan in die argief gehou word (insluitend enige foto's wat jy mag opgelaai het) vir 'n tydperk van 3 jaar vanaf daardie verwyderingsdatum, teen watter tyd dit geskrap sal word.

Persoonlike data wat as deel van die 'Vertel 'n Pêl' funksie verskaf word, sal behou word vir 'n maksimum van 12 maande. Dit sal nooit gebruik word vir enige ander redes nie, nog minder sal dit gedeel word met enige derde partye tensy die wet dit vereis.

Persoonlike korrespondensie wat na ander lede gestuur word deur die diens, sal in die argief gestoor word vir 'n maksimum van 12 maande vanaf die stuurdatum; daarna sal dit geskrap word.

Om ons te help reageer op navrae of klagtes wat jy moontlik mag hê, word enige korrespondensie of ledeondersteuningsnavrae wat deur die ingeboude ledeondersteuningstelsel gestuur is, behou vir 'n maksimum van 5 jaar vanaf die datum dat die ondersteuningsdraad toegemaak is.

As jou profiel verwyder was omdat jy ons Voorwaardes oortree het, behou ons die reg om al jou persoonlike data vir op tot 10 jaar na die datum van verwydering te behou, om sodoende ander lede te beskerm, bedrog te verhoed en om ons te help om die Polisie of ander wetstoepassingsowerhede by te staan, indien dit wettiglik verplig word om te doen.

Hoe verwyder ek my profiel?

Gaan na die Rekeningbesonderhede bladsy van jou profiel, klik op die 'skrap jou profiel hier' skakel aan die onderkant van die bladsy. Belangrik: As jy 'n subskripsiehouer is en tyd oor het op jou subskripsie, sal dit geskrap word met jou rekords en slegs terugbetaal word in ooreenstemming met ons Terugbetalingsbeleid. As jy nie seker is hieroor nie, beveel ons aan dat jy eenvoudig jou profiel versteek.

9. Geen Gemorspos beleid

Ons sal nie vir jou gemorspos stuur nie.

Terwyl jy 'n Lid of Subskripsiehouer is op ons werf, sal jy noodsaaklike diensverwante e-posse van ons ontvang en mag jy e-posse via die stelsel van ander lede ontvang. Jy kan die meeste van hierdie e-posse beheer via die instellings bladsy op jou profiel, maar as jy geen e-posse van ons wil ontvang nie, sal jy jou profiel moet verwyder.

Tensy jy uitdruklik toestemming gee dat ons dit mag doen, sal ons nooit jou e-posadres uitdeel, verkoop of verhuur aan enige derde party nie.

Ons diens sluit die 'Vertel 'n Pêl' en 'Aanbeveling' funksies in. Jou vriende sal nooit ongevraagde e-posse van ons af ontvang nie. Sodra 'n 'Vertel 'n Pêl' e-pos gestuur is, sal hulle nie weer van ons hoor tensy hulle besluit om self Lede te word nie. Jy mag nie die 'Vertel 'n Pêl' diens gebruik om gemorspos te stuur nie. As jy die 'Aanbeveling' funksie gebruik, sal jou vriend net 'n e-pos van ons af ontvang indien jy vir ons instruksie gee om dit te doen, deur bv. die 'Stuur Onthounota' knoppie te klik.

10. Netwerkdeel

DL beheer 'n netwerk van dienste. Profiele mag oor hierdie netwerk met soortgelyke dienste gedeel word. Daarom sal jy profiele sien vanaf die diens waar jy aangesluit het, sowel as profiele van sommige van ons ander dienste, en omgekeerd. Vir 'n volledige lys van die dienste waar jou profiel moontlik mag verskyn, sien asseblief ons Netwerkdienste-bladsy.

11. Aansluit met Sosiale Netwerkrekeninge

Ons bied 'n vinnige en maklike metode vir lede om aan te sluit of aan te teken met sosiale netwerkrekeninge soos bv. Facebook. Hierdie is net om die aansluitproses te versnel en geen verwysings sal gepos word na jou sosiale netwerkrekening of tydlyn nie. Verwys na die 'Sosiale Netwerkdeel' afdeling vir geleenthede waar jy toestemming mag gee om opdaterings op jou sosiale netwerkrekening of tydlyn te pos.

12. Sosiale Netwerkdeel

Ons lede en diensbesoekers het die opsie om 'n profiel waarvan hulle hou te deel met sosiale netwerke soos Facebook, X (Twitter), ens. Ons sal nooit persoonlike besonderhede wat deur lede verskaf word en wat nie publiek vertoon word op die lid se profiel, deel nie.

13. Sekuriteit

DL is daartoe verbind om die sekuriteit van jou persoonlike data te beskerm. Dit gesê, terwyl ons redelike voorsorgmaatreëls tref om alle persoonlike data wat ons versamel, te beskerm, is geen sekuriteitsstelsel ondeurdringbaar nie.

Ons het heelwat voorsorgmaatreëls in plek om inligting oor jou van verlies, misbruik, ongemagtigde toegang, bekendmaking, verandering en vernietiging te help voorkom. Byvoorbeeld, ons stoor die persoonlike data wat jy verskaf op rekenaarstelsels wat beperkte toegang het en wat in gekontroleerde fasiliteite is. Ons verseker ook dat ons derde party datasentrum voldoende sekuriteitsmaatreëls bied. Bykomend is jou data beskerm met enkripsie, soos "Transport Layer Security (TLS)", tydens transito oor die internet.

In die geval van 'n sekuriteitsbreuk, is ons wettiglik verplig om die owerhede binne 72 uur daarvan te laat weet en sal probeer om so vinnig as moontlik te reageer om die probleem op te los. Ons kan egter nie verantwoordelikheid aanvaar vir lede se besonderhede wat verlore gaan of in gevaar gestel word in die geval van 'n sekuriteitsbreuk nie.

14. Jou regte

Jy het die reg om beswaar te maak teen die gebruik van jou persoonlike data, of om ons te vra om dit te wis, te verwyder of op te hou gebruik as daar geen rede vir ons is om dit te behou nie. Dit is bekend as jou reg om vergeet te word.

Jou data word normaalweg uitgevee ooreenkomstig met ons databehoud en verwyderingsklousule soos hierbo genoem. As jy wil hê dat ons dit vroeër as ons normale tye moet verwyder, kontak asseblief ons ondersteuningspan. As jy egter ons Voorwaardes oortree het, behou ons die reg om jou data te behou en verwerk op grond van wettige belangstelling, om ons te help om ander lede te beskerm met die voorkoming en opsporing van bedrog en ander onwettige aktiwiteite.

Jy kan jou persoonlike data sien, verander en verwyder deur jou profiel te wysig. Jy het ook die reg om ons te vra om nie jou persoonlike data vir bemarkingsdoeleindes te gebruik nie, deur die gepaste bokse te merk op die instellings bladsy van jou profiel.